Atletiek SA Kampioenskappe

Die HFM atlete wat aan die SA Kampioenskappe deelgeneem het, agter vlnr: Abrie du Plessis en ZW van Deventer. Voor vlnr: Chanique Reinhardt, Nadine Prinsloo en Leandri Botha.

GERMISTON – Ses atlete van HFM het deelgeneem aan die SA Kampioenskappe wat vanaf 30 Maart tot 1 April te Germiston plaasgevind het.

Die uitslae is: Abrie du Plessis (Diskus) gooi al drie gooie ongelukkig buite die sirkel. Nadine Prinsloo haal die Semi-finaal in 400m Hekkies. Tanya Marais neem deel aan die 100m en 200m Semi-finaal, sy behaal ‘n 13de plek met 100m en ‘n 15de plek met 200m. Chanique Reinhardt het haar item gemis. Leandri Botha behaal ‘n 9de plek met Diskus en ZW van Deventer mis Spiesgooi item en behaal ‘n 12de plek in Diskus.

Daar was groot verwarring met die program nadat items bygekom het, sodoende het twee atlete hul items gemis.

Die skool wens die atlete geluk met hul prestasies.