Hoofboorgat buite werking

“Die hoof boorgat wat vir Thabazimbi dorp water verskaf, is buite aksie. Dit is reeds aangemeld en gaan so gou as moontlik aandag geniet. Verder is daar ‘n lekkasie op die hoof waterlyn by Kumba-aanleg. Gelukkig is dit nog nie ‘n groot lekplek nie, maar dit kan ‘n probleem raak as dit nie vinnig aangespreek word nie. Kumba het reeds pype beskikbaar gestel om beskadigde pype te vervang, maar dan gaan die dorp vir drie dae sonder water wees.” DA Raadslid, mnr Franco Loots. (www.facebook.com/thabawhatshappening).Foto: Pieter Keay.