Uitsonderlike diens by Econo Begrafnisdienste

Promosie Artikel

Die personeel van Econo Begrafnisdienste, vlnr: Eddie Genis (bemarkingsbestuurder), Emmy Tswinyane (kassiere), Monique Coetzee (admin), Sophia Chuse (verteenwoordiger), Maipato Polaki (verteenwoordiger), Fredah Mokotedi (verteenwoordiger), Marietjie Hendrikz (bestuurder), Ben Motsumi (algemene werker). Afwesig: Solly Keagile (drywer).

THABAZIMBI – Om van ‘n geliefde afskeid te neem is nooit maklik nie, daarom help Econo om bekommernisse te rus te stel deur ‘n waardige afskeid te bied teen ‘n billike prys vir die hele gemeenskap.

Econo is geleë in Platinastraat in die Industriële gebied te Thabazimbi. Die hoofkantoor is tans gevestig in Rustenburg en is ook reeds 16 jaar in die bedryf. Econo is tans die grootste gevestigde begrafnisonderneming met moderne fasiliteite. Die personeel is professioneel en het ‘n passie vir mense van enige kultuur.

Econo Begrafnisonderneming nooi die gemeenskap om van hul dienste gebruik te maak. Wees verseker van professionele diens wanneer u dit die nodigste het.

Econo bied ook begrafnisversekering aan wat deur Prosperity Funeral Insurance onderskryf word wat u en u geliefdes gemoedsrus sal bied indien tragedie sou plaasvind.

Econo is tans opsoek na vryskut verteenwoordigers. Vir enige navrae kontak hul gerus by 014 777 1690. Econo is 24 uur beskikbaar tot u diens.

Kontak Marietjie 074 377 7771 of Marietha 082 445 5639 of Solly 072 404 5722 of die kantoor 014 777 1690.