Trollope saal kry nuwe baadjie

Die sloping van die ou kombuis sal die aansig en toegang tot die saal verbeter.

THABAZIMBI – Die bekende “Trollope Saal” op die Landbouskouterrein word tans opgegradeer.

Bouwerk is reeds ver gevorder en die “nuwe” Trollope/Trophy Breeders Saal, sal reeds teen die einde van April in gebruik geneem word.

Vir ‘n geruime tyd al bestaan die behoefte op Thabazimbi vir ‘n netjiese funksiesaal. Mnr John Trollope, wie se vader die saal gebou het, tesame met Trophy Breeders die eksotiese wildteelgroep, het fondse beskikbaar gestel vir die opgradering van die saal. Trophy Breeders sal ook dan voortaan hulle jaarlikse veiling hier hou.

Die saal kry lugreëling, ‘n moderne kombuis en splinternuwe toiletgeriewe. Die beligting word vernuwe en tesame met ‘n plafon en skuifdeure aan die kant sal ‘n hele nuwe karakter aan die saal gegee word. ‘n Lapa vir kleiner funksies word aan die saal aangebou. Die ou kombuis is reeds gesloop om die aansig en toegang tot die saal te verbeter. Die ou Landbousaal word opgegradeer om later deel te vorm van die funksiekompleks.

Daar is groot opgewondenheid en volgens die skoubestuur is daar al heelwat besprekings gedoen vir die nuwe saal.

Verdere navrae kan gerig word aan Elsa du Toit by die skoukantoor: Dinsdae en Woensdae by 087 151 1837 of e-pos: thabaskou@gmail.com.