Toerisme bevorder ‘n gemeenskap

Foto: Christo Badenhorst Photography 071 412 9298.

Daar is menigte kanse in die Thabazimbi toerismebedryf wat net lê en wag om benut te word. Met die komende Wildsfees, net om die draai, moet elke toerisme bestemming in die Thabazimbi omgewing streef om outentieke, geloofwaardige en interaktiewe erfenis-avonture aan te bied. Nikolaus Eberl, uitvoerende hoof van die handelsmerk-konsultantemaatskappy BrondOvation, sê kultuurtoerisme kan net slaag deur goeie unieke stories te vertel. Besoekers wil voer ‘n ervaring het hulle ‘n transformasie laat ondergaan om daardeur beter mense te kon word. Toeriste wil vergeet van hul probleme en wil toenemend weet ‘n onderneming se motief draai nie net om wins nie, maar ook om ‘n goeie saak, sowel as sy gemeenskap, te bevorder.

Toeriste raak al hoe meer ingelig oor volhoubare en verantwoordelike toerisme en kan nie meer om die bos gelei word met aanbiedinge wat nie die ware Jakob is nie, het Jennifer Seif, uitvoerende direkteur van Fair TradeHet gerig het op ‘n konferensie oor kultuurtoerisme wat verlede week in Kaapstad plaasgevind het.

“Die tradisionele soort toerisme waar mense in georganiseerde groepe toer teen die goedkoopste prys, neem af,” sê Seif. “Die sogenaamde ‘nuwe toerisme’ wat toeneem, behels individue wat hul eie besprekings wil doen, self opsies wil kies en ‘n bestemming ervaar eerder as om dit te ‘verbruik’”.

Nog ‘n tendens is ‘n toename in reisigers wat toerisme-aktiwiteite met vrywillige liefdadigheidsdiens wil kombineer, die sogenaamde “voluntourism”.

“Verantwoordelike toerisme behels meer as net ‘groen wees’,” maan Seif. Dit draai wel om die omgewing, maar beslis om die wete dat die lewe van ‘n bestemming se inwoners verbeter word, danksy die toerismebedryf.