TAR benodighede

THABAZIMBI – Thabazimbi Animal Rescue vra die gemeenskap om hulle uit te help met die volgende items:

Daar is ‘n groot tekort aan baba-hondjie sowel as baba-katjie kossies. Kontak gerus vir Tania by 084 885 6487 of Magda by 082 375 4064 om die diertjies se magies te vul.

Roomys of melkhouers, die emmertjie-tipe, word benodig om water in te dra en in die hokke te plaas. Selfs een help alreeds baie, aangesien sommige van die honde twee bakke vir water gebruik.

Dit raak reeds koeler in die aande, dus benodig TAR ou duvet oortreksels, kussings, duvets en kombers sodat die diertjies ‘n warm bedjie vir die winter kan hê. Kontak gerus Magda vir enige ander skenkings by 082 375 4064. Onthou ook die TAR Charity Shop in Rietbokstraat waar u goeie winskope kan aanskaf ter versterking van TAR se fondse.