HFM nuwe Beheerliggaam aangewys

HFM se nuwe Beheerliggaam, voor vlnr: Prof Erasmus, Debbie Jones, Esté Eckard, Marisa Lategan, Mnr Colin Campbell (Skoolhoof) en Martie Boshoff. Agter vlnr: Jan Botha (Voorsitter), Johan Botes, Gertjie du Plessis, Herman Kgothlang, Pastoor Stephen Enslin, Chris Steenekamp en Johann van Rensburg. Afwesig: Gerrie Raubenheimer.

THABAZIMBI – Die Beheerliggaamverkiesing van Hoërskool Frikkie Meyer het plaas gevind op Woensdag, 28 Maart 2012. ‘n Totaal van 284 ouers het hul stemme uitgebring.

Die volgende ouers is verkies as lede van die Beheerliggaam: Mnr Jan Botha [Voorsitter], Mnr Gerrie Raubenheimer [Ondervoorsitter], Mnr Gertjie du Plessis [Finansiële Voorsitter / Tesourier], Me Esté Eckard, Pastoor Stephan Enslin, Mnr Herman Kgothlang, Me Marisa Lategan, Mnr Chris Steenekamp en Mnr Gerhard van Rensburg. Die volgende personeel is verkies as lede van die Beheerliggaam: Mnr Prof Erasmus, Me Martie Boshoff, Mnr Johann van Rensburg en Me Debbie Jones. Die Beheerliggaam word geluk gewens met hul verkiesing. Daar word uitgesien om vir die volgende termyn saam met hulle te werk.