Eerste Mulati Wildveiling groot sukses

Die Goue Wildebees het teen R855 000 onder die hamer gekom tydens Mulati se Wildveiling.

BRITS – Die eerste en baie suksesvolle wildveiling is Saterdag 24 Maart 2012 gehou by Mulati Wilddienste wildshokke buite Brits.

Onder mnr Gustav Strydom, eienaar van Mulati Wilddienste, se toesig was die 276 stuks wild wat aangebied was in ‘n baie goeie toestand. Pryse wat tydens die veiling behaal is, is onder andere: Goue Wildebees bul teen R 855000, drie Swartwitpens verse teen R 225000 elk, Swart Rooibokram teen R 210000, ses Hartwater Springbokke teen R 13500 elk, Njala bul teen R 9000, drie Elande teen R 7300 elk,

ses Waterbokke teen R 5700 elk en ‘n troppie van ses Rooibok ramme teen R 2050 elk.

Gustav en sy vrou Sonja strewe daarna om tydens die volgende veiling van 21 April 2012 dieselfde kwaliteit wild en diens te lewer.

Die veiling is aangebied deur BKB Bosveld en die afslaer was Jan Smit van BKB Bosveld.