Boran veiling in R1M

BELA – BELA – Die Anton Botes Boran veiling het plaasgevind op Donderdag 29 Maart te Warmbad Veemark.

Die kommersiële veiling het die volgende diere te koop aangebied: 10 koeie teen ‘n gemiddeld van R7000, 25 verse teen ‘n gemiddeld van R6664, 47+47 koeie en kalwers teen ‘n gemiddeld van R10611, 15 dragtige koeie teen ‘n gemiddeld van R7840 en 9+9 dragtige koeie en kalwers teen ‘n gemiddeld van R13722. Drie stoetbulle is onder die hamer gebring teen ‘n gemiddeld van R18333.

Die omset totale omset was R1 031 450. Die afslaer was Niel Swart.