21 Medaljes by Skopbokstoernooi

Vlnr: Abigale Horn, Vicus Venter en Rohan Erasmus was van die skopboksers van TBZ Skopboksklub wat aan ‘n skopbokstoernooi deelgeneem het.

THABAZIMBI – ‘n Aanloop toernooi na die SA Skopboks Kampioenskappe in April, is verlede Saterdag 31 Maart gehou.

Thabazimbi Skopboksklub het 18 inskrywings gehad en in verskeie kategorieë skoonskip gemaak met agt goue medaljes, agt silwer medaljes en vyf brons medaljes.

Die Eersteplek wenners was: Ian Rall, Lourens du Plessis, Rohan Erasmus, Conrad du Toit, Abigale Horn, Willem Henning en Kyle Dyer. Die Tweedeplekke is behaal deur: Ian Rall, Lourens du Plessis, Rohan Erasmus, MG Eckard, Laneo Nagel, Willem Henning, Juan van Vuuren en Kyle Dyer. Brons medaljes gaan aan: Vicus Venter, MG Eckard, Laneo Nagel, Willem Henning, Juan van Vuuren en Kyle Dyer.