Totsiens oom Flippie

Oom Flippie Prinsloo (83) is op 16 Maart 2012 oorlede.

THABAZIMBI –  ‘n Rolmodel se stem en lag het stilgeword op 16 Maart 2012 toe Flippie Prinsloo (83) gesterf het.

Oom Flippie was ‘n besonderse mens, legendaries in die Bosveld. Hy was ‘n waardige, trots en standvastige mens wat op ‘n spesiale manier respek afgedwing het. ‘n “Mense” mens, geliefd onder klein en groot. Hy was altyd positief, hartlik, opreg en ‘n inspirerende voorbeeld vir baie.

Sy heengaan laat ‘n leemte in sy familie en die gemeenskap.

“Ons harte is bedroef, ons verlies is groot oor ‘n geliefde eggenoot, broer, pappa, oupa, oom Flippie, vriend en sielsgenoot. Ons gaan hom mis, maar gun hom die rus.”

Sy begrafnisdiens is waargeneem deur ds Petri van Rooyen vanuit die NG Kerk, Dwaalboom op Woensdag 21 Maart.