Thaba groet vir Kerneels

Die bekende boer, Kerneels Riekert is op Saterdagoggend aan ‘n hartaanval oorlede.

THABAZIMBI – Die Bosveld het verlede Saterdag, 31 Maart, ‘n groot gees verloor nadat Kerneels Riekert in die vroeë oggendure aan ‘n hartaanval op sy plaas Grootkuil oorlede is.

Sy heengaan laat ‘n groot leemte in die gemeenskap. Hy sal altyd onthou word vir sy onbaatsugtige liefde teenoor sy medemens en sy vrygewigheid onder die armes. Sy deur was altyd oop vir ondersteuning en raad vir oud en jonk en sy glimlag en grappies sal sy familie en vriende altyd bybly.

Kerneels se begrafnisdiens was op Woensdag, 4 April om 10:00 vanuit die Gereformeerde Kerk, Thabazimbi. Die diens is gelei deur ds Cassie Aucamp.