Skemerkelkies nou by Butlers

Hans Drommedaaris saam met een van die gaste tydens die opening van Butlers Deck and Cocktail Bar, Tersia Lindholm.

THABAZIMBI – The Butler Family Diner se Butler Deck: Food and Cocktail Bar is op Vrydag 23 Maart amptelik ingewy.

Die opening was ‘n reuse sukses en het hulle groot aftrek en ondersteuning van hul bestaande en getroue kliënte ontvang. Hans Drommedaaris was die gaskunstenaar vir die spog geleentheid en het gesorg vir groot vermaak vir jonk en oud.

Butlers se deure het op 19 November 2010 geopen en sedertdien is daar reuse veranderings en verbeterings aangebring. Die eienaar, Francois Brits, oftewel “Cois” soos almal hom noem, beloof dat daar nog baie veranderinge oppad is. Maar hoekom al die veranderings? “Ons wil ons waardering en groot dank aan ons kliënte bewys deur van tyd tot tyd op te gradeer.” Het hy gesê.

Die eindresultaat sal wees ‘n “up-market, stylish look,” sê Cois, “maar steeds met die laagste pryse en beste diens in die dorp.” Met die huidige familie restaurant en skemerkelkie-kroeg, is daar ook gras aangeplant vir die speel-area waar ouers rustig kan ontspan en met ‘n geruste hart weet dat hul kinders veilig is.

Die Restaurant spog met ‘n A la Carte spyskaart, enig in sy soort, en dan ook die nuwe skemerkelk-spyskaart met meer as 59 drankies om van te kies.

Butlers nooi die hele gemeenskap uit om saam met hulle te kom kuier op Saterdag 31 Maart. Daar sal looitjies opgestel word tydens die Bulls vs Stormers rugbywedstryd waar daar ‘n dubbel kaartjie vir die opkomende wedstryd tussen die Bulls en Crusaders weggegee sal word.

Vir enige inligting of besprekings, kontak Cois by 082 687 6615 of Riaan, Butlers Dek-bestuurder 079 701 5098 of Christo, Butlers Family Diner-bestuurder 083 820 2176.