Rugbyraai vir Toerfonds

Vanessa du Preez, wenner van die Rugbyraai saam met me Amanda Hinsbeeck die Departementshoof: Grondslagfase.

THABAZIMBI – Laerskool Thabazimbi het ‘n Rugbyraai geloods ter stuiwing van die toerfonds van die 0/9, 0/10 en 0/11 Rugbyspelers wat op Donderdag 29 Maart na Thaba Morula en Marble Hall vertrek het.

Die deelnemers moes die eindtelling raai van die wedstryd tussen die Stormers en die Leeus wat verlede Saterdag plaasgevind het. Die gelukkige wenner is me Vanessa du Preez, sy het ‘n kontantbedrag van R500 ontvang.