Rugbykliniek by LS Koedoeskop

In die foto: Jaco Roos (links), Bernard Myburgh (middel) en afrigter Hennie Prinsloo saam met O/8 en O/9 rugbyspelers.

KOEDOESKOP – Laerskool Koedoeskop het op Saterdag 24 Maart ‘n Rugbykliniek vir O/8 en O/9 rugbyspelers op hul sportvelde aangebied.

Afrigting is gedoen deur mnr Jaco Roos, ‘n oud Blou Bul O/19 en O/20

speler. Hy is bygestaan deur mnr Bernard Myburgh, ‘n oud Blou Bul speler. Myburgh was ook ‘n paar jaar terug die Blou Bulle se O/13 Cravenweekspan afrigter.

Die spelers het basiese vaardighede en balhantering ingeoefen. Volgens die koördineerder het die spelers die rugbykliniek baie geniet en word daar beplan om meer sulke kinieke vir Laerskool Koedoeskop se seuns in die toekoms aan te bied.