LS TBZ by SA’s

LC Nel by die SA Kampioenskappe.

DURBAN – Twee atlete van Laerskool Thabazimbi het aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe op 23 en 24 Maart deelgeneem.

Victor Potgieter gewigstoot S/013 en LC Nel Hoogspring S/013. Victor Potgieter het ‘n algehele sesde plek behaal en LC Nel het ongelukkig in die tweede rondte uitgeval. Die skool is baie trots op hierdie atlete. “Mooi so seuns knap gedaan.”