LS Koedoeskop se Trots

Chané Ras het op 23 Maart aan die SA’s te Durban deelgeneem.

KOEDOESKOP – Laerskool Koedoeskop se gewigstoot-gooier, Chané Ras, het op 23 Maart aan die SA’s by Kings Park Athletics Stadium te Durban KZN deelgeneem. Alhoewel Chané nie ‘n plek behaal het in die O/11 gewigstoot-item nie, is die hele skool baie trots op haar met haar deelname aan die SA’s.