KunsteGrot vier 6 met Grafsteensangers

THABAZIMBI – Die KunsteGrot in Eerstelaan vier op 26 Mei hul sesde verjaarsdag met sop en sjerrie en die gewilde vermaaklikheidsgroep, Grafsteensangers.

Die aand beloof om die giggelspiere weer behoorlik te laat werk wanneer die Grafsteensangers saam met die gemeenskap die K’Grot se sesde bestaansjaar vier. Met heerlike sop en tuisgemaakte brood gaan daar nog lank na die vertoning saam gekuier word.

Op 23 Junie is Navi Redd weer aan die beurt met hul vertoning. Bespreek vroegtydig om u plek te verseker. Die reëling vir besprekings is: kontant met bespreking, indien internet betaling, moet bewys binne 48 uur gelewer word.

Alle vertonings begin 18:30 vir 19:00, tensy anders vermeld, beloop die prys steeds net R130 per kaartjie.

Kontak Rita by 083 744 8559 of e-pos rivol@telkomsa.net

Rita Volschenk bedank die gemeenskap vir hul ondersteuning en vriendelike samewerking.