HFM vs Oosmoot

PRETORIA – HFM se wintersportspanne het op Saterdag 10 Maart teen Hoërskool Oosmoot te staan gekom. Die uitslae is as volg:

HFM verloor ses netbalwedstryde en wen vier. Die Eerstespan verloor 11-34, die Tweedespan wen 18-13, O/17A verloor 9-18, O/17B wen 26-8, O/16A wen 19-16, O/16B wen 16-11, O/15A verloor 2-8, O/15B verloor 6-15, O/14A verloor 15-20 en O/14B verloor 6-10. Me Boshoff, netbalorganiseerder, bedank die dogters vir hul harde werk en vasberadenheid. Volgens me Boshoff het die ritme van die spanne in die tweede helfte verbeter en meer doele is aangeteken as in die eerste helfte.

Die hokkiespanne het uitstekende gevaar en het slegs 2 doele teen hulle gekry, uit die 20 doele aangeteken. Die dogters word bedank vir hul harde werk. Die uitslae is: O/14A 5-0, O/14B gelykop 0-0, O/15A gelykop 0-0, O/15B gelykop 0-0, O/16A wen 6-1, O/16B wen 4-0, die Tweedespan wen 2-0 en die Eerstespan speel gelykop 1-1.

Die rugbyspanne se prestasie is beter as in 2011 toe hulle slegs een gelykop en twee wenne gehad het. Die spel oor die algemeen is van goeie gehalte, alhoewel die Tweedespan onnodig verloor het. Die O/14 toon goeie belofte en word daar uitgesien na die seisoen terwyl die O/16’s goeie spel lewer en hul goeie karakter in hul wedstryde toon. Die uitslae is: O/14A wen 27-22, O/14B verloor 8-16, O/15A verloor 9-24, O/15B verloor 3-15, O/16A wen 12-7, O/16B wen 32-12, die Derdespan wen 20-5, die Tweedespan verloor 0-3 en die Eerstespan wen 19-10.