Harde wintersport wedstryde teen Tzaneen

THABAZIMBI – HFM het op Saterdag 17 Maart met die wintersport wedstryde teen Hoërskool Ben Vorster te Tzaneen, harde bene gekou.

Alhoewel HFM die meeste wedstryde verloor het, was die verloormarge, veral by die rugby, nie so groot nie, wat ‘n groot prestasie is aangesien Ben Vorster een van die sterk skole is waarteen HFM jaarliks kompeteer.

Die hokkie, netbal en rugby uitslae is as volg: Hokkie: O/14A verloor 0-8, O/14B verloor 0-3, O/15A verloor 0-6, O/15B speel gelykop 0-0, O/16A verloor 0-6, O/16B verloor 1-2, die Tweedespan wen 1-0 en die Eerstespan wen 1-0. Al die spanne het tot die einde gespeel en kon die spelers agterkom waar hul probleme in die verdediging lê. Die afrigters en dogters word bedank vir hul harde werk en oefening en word hul voorspoed toegewens vir die wedstryde teen Volkskool.

Die netbalspanne se uitslae is as volg: 0/14A verloor 7-14, O/14B verloor 8-17, O/15A verloor 6-19, O/15B verloor 12-13, O/16A verloor 19-20, O/16B wen 18-12, O/17A wen 28-6, O/17B wen 18-6, Tweedespan wen 22-19 en Eerstespan verloor 19-25. Die dogters word bedank vir hul harde werk en alhoewel die Eerstespan ‘n paar onnodige doele verloor het, het hulle goeie karakter getoon.

Die rugbyspanne se uitslae is as volg: O/14A verloor 12-19, O/14B verloor 5-24, O/15A verloor 7-27, O/15B verloor 7-46, O/16A verloor 3-16, O/16B verloor 0-36, die Derdespan verloor 0-20, die Tweedespan verloor 10-24 en die Eerstespan verloor 5-23. Volgens die spanbestuurder is die verloormarge kleiner as vorige jare waar die gemiddelde verskil 25-30 punte was. Voorts toon die seuns nog nie “big match” temperament nie en sal hulle moet leer om kanse te benut as dit daar is, veral die Eerstespan. Die Juniorspanne het beter vertoon, maar die gebrek aan diepte staan uit in die B-spanne se prestasie. Daar is tans groot druk op die rugbymanne aangesien hulle baie goed sal moet vaar teen Volkskool as hul enigsins dieselfde of beter as verlede jaar in die reeks wil vaar.