Totsiens Oom King Pie

Die gemeenskap van Thabazimbi betreur die skielike afsterwe van Tjaart Coetzee (55) op Maandag 12 Maart 2012.

THABAZIMBI – Die bekende King Pie eienaar en groot sakeman van Thabazimbi, mnr Tjaart Coetzee (55) is op Maandag 12 Maart oorlede.

Die begrafnisdiens vind plaas op Vrydag 23 Maart om 10:00 vanuit die Gereformeerde Kerk Thabazimbi en sal deur Ds Dirk Laufs waargeneem word.

Tjaart laat sy eggenote, Patrys, sy drie seuns, skoondogter en drie kleinkinders agter.

Met hierdie geleentheid wil die gesin gebruik maak om alle familie, vriende en die gemeenskap te bedank vir alle bydraes, liefde en ondersteuning.