Stoeiers by Limpopo Ope

Duncan Loubser in die blou pak het in die Seuns O/13: 46-50kg afdeling gestoei. Hy het sy opponent met dié gesigsuitdrukking probeer ontsenu. Hy verwerf ‘n silwer medalje in die Presidente afdeling en ‘n brons in die Ope O/13 afdeling.

LEPHALALE – Die Limpopo Stoei kampioenskap het op Saterdag 10 Maart te Ellisras plaasgevind. Die toernooi was slegs vir die groter seuns van O/13, O/15 tot O/17, Kadette, Juniors, Seniors en Meesters.

Gerhard Snyman het in die Seuns O/13: 33-36kg afdeling gestoei. Hy verwerf silwer medaljes vir Presidente en in die Ope afdelings. Ruan Geldenhuys het in die Seuns O/13: 33-36kg afdeling gestoei. Hy het ‘n brons medalje in die Ope O/13 afdeling ontvang asook ‘n vierdeplek in die Presidente afdeling.  Anton Barnard het in die Seuns O/13: 39-42kg afdeling gestoei en ‘n vyfdeplek behaal.