SABA kompetisie by Archers Edge

Henk Engelbrecht behaal ‘n Eersteplek vir die Mans Senior Broadhead Afdeling met ‘n persentasie van 95% tydens die 2de SABA kompetisie.

PRETORIA – Die tweede SABA (South African Bowhunters Association)kompetisie vir 2012 het op Saterdag 3 Maart 2012 te Archers Edge, Pretoria plaasgevind.

Hardekool Boogklub is verteenwoordig deur Henk Engelbrecht.

Die baan was oudergewoonte weer ‘n groot uitdaging vir die skuts gewees. Die baan was van so aard dat redelike naby skote aan die orde van die dag was.  Hierdie naby skote is egter bemoeilik deur obstruksies soos takkies en gras, en dit het vernuf gekos om, weens al die obstruksies, goeie skote op die teikens te plaas.

Afgesien van al hierdie obstruksies en ook die hitte wat ‘n groot rol gespeel het, het Henk Engelbrecht nogsteeds ‘n wenner uit die stryd getree. Henk behaal ‘n Eerste plek vir die Mans Senior Broadhead Afdeling, met ‘n persentasie van 95% en 15 hartskote. Henk ontvang ook ‘n bo 80% sertifikaat.

Die boogklub kom elke Donderdagaand vanaf 17:00 by Obaro Thabazimbi se lapa vir skiet oefening en samesyn bymekaar.

Belangstellendes kan vir Hein Holtzhausen by 083 701 3039, Petro van Reenen by 082 804 9927 of Henk Engelbrecht by 083 707 3691 vir meer inligting kontak. Die hele gesin is welkom.  Indien u belangstel om touwys gemaak te word, reël vooraf met een van bogenoemde persone.