Raai-raai vir rugby

Die wenners van die Rugbyraai vlnr: Monty van Loggerenberg en Mariska Low saam met mnr Theron Brand van Laerskool Thabazimbi (Rugbyorganiseerder). Afwesig: Me Ilze du Plessis.

THABAZIMBI – Die Netbal en Rugbyspanne van Laerskool Thabazimbi gaan die April vakansie ‘n toer onderneem na die Suidkus.

‘n Rugbyraai is gehou om fondse in te samel om by te dra vir hierdie toer. Die persone moes die eindtelling raai van die wedstryd tussen die Sharks en die Bulls. Drie persone was in die kol met die tellings. Elkeen van hierdie persone wen ‘n R500 koopbewys van SPAR. Die pragtige bedrag van R16 427 is ingesamel.