‘n Vollie 80

Vollie Volschenk het op Sondag 11 Maart tagtig geword! Sy gesin, familie en vriende het dié besonderse mylpaal Saterdagaand saam met hom in "Die Bosvelder" in Centurion gevier. Saam met hom op die foto is sy eggenote Rita wat hom goed aan die gang hou met die KunsteGrot op Thabazimbi. Almal se wens is dat daar nog baie mooi jare sal wees.