Interkerklike 40 Dae projek sluit af

Ons Eie Tenore het opgetree as gaskunstenaars tydens die afsluitingsfunksie van die 40 Dae projek op Sondagaand.

THABAZIMBI – Die jaarlikse interkerklike 40 Dae projek, het op Sondagaand 11 Maart, op ‘n einde gekom.

Ongeveer 10 gemeentes van verskillende denominasies het vanaf 29 Januarie tot 11 Maart 2012 die projek saam aangepak wat fokus op verhoudings en 40 Dae van Liefde. Dit is die derde reeks van drie wat uit ses eredienste, ses kleingroepbyeenkomste, 40 lewensveranderde dagstukkies en ‘n groot gesamentlike afsluitingsfunksie op die sportterrein van Laerskool Thabazimbi ingesluit het.

Tydens die gratis afsluitingsfunksie kon gemeentelede ‘n piekniekmandjie saambring om voor die diens gesellig te verkeer. Nadat Pastoor Stephen Enslin van die AGS kerk die afsluitingsboodskap gebring het, het Ons Eie Tenore die funksie afgesluit met hul suiwer sangtalent. Foto’s: Franco Loots.