Thaba Hengelklub hou kompetisie

Die Thabazimbi Hengelklub kompetisie wenners, vierdery vlnr: Louwrens Kidson, Herman Meyer, Desre Pretorius en Hannes Scheepers. Derdery vlnr: Leon Janse van Vuuren, Rudolph Dreyer, Sandra Meyer en Colleen. Tweedery vlnr: CW Humphries, Esthian Humphries, Maartin Scheepers en Chantelle Meyer. Voor vlnr: Siandi Humphries, Dalize Botha en Charl Rohrbeck.

SWARTKLIP – Thabazimbi Hengelklub het die naweek van 24 Februarie hul maandelikse kompetisie by die Northam Konsentrator aangebied.

Die weer was mooi en ondanks die Saterdagmiddag se reënbui was dit ‘n wonderlike naweek en het mooi vis uitgekom. Die hengelklub is veral trots op hulle “cubs”

hierdie is die hengelaartjies van 0-6 jaar en staan voorwaardelik nie terug

vir die penkoppies wat ouderdom 6-12 jaar is nie.

Die kompetisie wenners is bepaal deur die persone wat die meeste punte

verower het naamlik 10 punte per vis en 10 punte per kilogram.

Die verskillende afdelings se wenners is as volg: Siandi Humphries (eersteplek), Charl Rohrbeck (tweedeplek) en Dalize Botha (derdeplek. Penkoppe: Martin Scheepers (eersteplek), CW Humphries (tweedeplek) en Estian Humphries (derdeplek). Juniors: Herman Meyer (eersteplek), Louwrens Kidson (tweedeplek) en Chantell Meyer (derdeplek). Dames: Desre Pretorius (eersteplek), Sandra Meyer (tweedeplek) en Colleen (derdeplek). Seniors:

Hannes Scheepers (eersteplek), Leon Janse van Vuuren (tweedeplek) en Rudolph Dreyer (derdeplek).

Die volgende klubkompetisie vind plaas op Saterdag 31 Maart by Swartklipdam. Die kompetisie begin om 06:00 en eindig om 15:00.  Alle belangstellendes kan hulle navrae rig aan die klubvoorsitter Rudolph Dreyer 082 921 0963.