Dankie vir geduld – PnP

THABAZIMBI – Nadat Francois en Karen Swart PnP Thabazimbi op 4 Maart 2011 oorgeneem het, is daar heelwat veranderinge by PnP aangebring ten einde dit vir die kliënte ‘n onvergeetlike inkopie ervaring te maak.

Graag wil hulle die gemeenskap van Thabazimbi bedank vir hulle geduld die afgelope tyd met die transformasie proses en veral die ongerief wat daarmee gepaard gegaan het by die betaalpunte met die oorskakeling na die nuwe betaalpunte.  Alle beplanning was in plek vir die oorskakeling, maar omstandighede buite hulle beheer het veroorsaak dat hulle nie hul normale diens kon lewer nie, en vra om verskoning daarvoor.

Pick n Pay Thabazimbi se kliëntediensnommer is 081 489 1181 waar u met Morgan Fourie kan praat en/of Karen Swart by 082 784 0375. U is welkom om met hulle direk te skakel indien u as kliënt enige probleem ondervind.