Thaba Netbalklub begin groot

Thaba Netbalklub was op Saterdag 18 Februarie met drie van hul vier wedstryde triomfantlik.

PRETORIA – Thaba Netbalklub se spelers het op Saterdag 18 Februarie teen Pretoria meegeding in ‘n sosiale netbaldag wat deur Nite League aangebied is.

Die spelers het baie goed gevaar, hul uitslae is as volg: hulle wen Jacaranda 2 oortuigend met 30-1, hulle verloor teen die Blues 1 met 17-12 alhoewel Blues 1 A-liga in die Nite League speel, hulle wen Cheeky’s met 30-3 en wen die Universiteit van Johannesburg se vierde span met 15-8.

Die spelers het ook die voorreg gehad om twee van die SA Netbalspelers te ontmoet, wat teenwoordig was om ‘n vertoonwedstryd te speel. Volgens Thaba Netbalklub was dit ‘n besonderse ervaring om hulle in aksie te sien.

Alle huidige en voornemende netbalspelers word aangemoedig om vir oefening aan te meld op Maandae en Woensdae van 17:20 tot 18:45. Skakel Anneke du Toit by 083 2640 182 of vir Chevenne Pistorius by 082 658 6457 vir meer inligting.