Stoeiers vaar goed by toernooi

BENONI – Thabazimbi se stoeigroep het verlede Saterdag, 25 Februarie, goed presteer by die Oos Gauteng Ope Toernooi.
Duncan Loubser behaal ‘n derdeplek in die 46-50kg Presidente afdeling, Gerhard Snyman behaal ‘n tweedeplek in die 33-36kg afdeling, Ruan Geldenhuys behaal ‘n eersteplek en ‘n tweedeplek in die 33-36kg afdeling, Anton Barnard behaal ‘n derdeplek in die 39-42kg Presidente afdeling, Juandre Barnard behaal 9 punte in die O/11 afdeling, Louis Trichardt behaal 33 punte in die O/11 afdeling, Stefan Geldenhuys behaal 52 punte in die O/10 afdeling en Jovan Barkenhuizen behaal 25 punte in die O/11 afdeling.