Slimkop Akademie – Addisionele onderrig met addisionele aandag

Sommige van die leerlinge van Slimkop Akademie se tuisskool en naskool.

Promosie artikel

 

THABAZIMBI- Dis ‘n groot voorreg om Slimkop Akademie as tuis- en naskool, welkom te heet in Thabazimbi. ‘n Deurbraak tuisskool en naskool word aan u bekend gestel wat aan u kind die nodige vaardighede en fondament sal verskaf wat nodig is in hy/sy se skoolloopbaan. Graag word elke betrokke ouer en leerder bedank en ‘n geseënde 2012 toegewens,  Slimkop Akademie is ‘n stimulerende en opwindende tuisskool, met ‘n leerplan wat ondersteun word deur die onderwysdepartement en I.E.B. (Independant Examinations Board). Dié skool is omring deur regte skoolomstandighede, christelike waardes en opgeleide personeel.

Streng reëls en etieke word toegepas. Slimkop Akademie is dus die perfekte tuisskool as u kind fondament en ekstra aandag benodig. Hulle aanvaar kinders vanaf Gr.R – Gr.12 en is ook ‘n  parallel medium skool.

Slimkop Akademie se naskoolse sentrum begin vanaf 13:00 tot 18:00. Dit sluit ‘n  middagete met ‘n sappie in, vir die mammas met ‘n besige skedule se kinders.  Huiswerk word 100% bygestaan en voltooi. Ekstra stimulerende aktiwiteite word ook vir die kinders gegee en daar is ten alle tye toesig.  Chantelle Jansen van Vuuren, Slimkop Akademie se eienaar is ook in besit van ‘n UCMAS ‘franchise’ ( ‘n brein ontwikkelingsprogram vir kinders vanaf 4 tot 13 jaar) wat sukkel met konsentrasie, optel en aftrek, memorisering, fyn motoriese moment en wiskundige vaardighede. UCMAS is die enigste ‘franchise’ in sy soort wat fokus om albei, die regter- en linker brein te ontwikkel.

Hierdie skool bied ook ‘n fantastiese leerprogram aan vir diegene wat sukkel om te leer en te memoriseer. Dis die perfekte geleentheid om u kind voor te berei op toetse en eksamens. Hulle visie is om die beste tuisskool in Suid-Afrika te wees, wat fokus om elke kind uniek te stimuleer en te ontwikkel. Hulle missie is om elke kind ‘n opregte kans te gee en dat elkeen net sal baat vind by Slimkop Akademie se tuisskool, leerprogram en breinontwikkelingsprogram (UCMAS).

Kontak gedurende kantoor ure (08:00 tot 18:00) vir Chantelle – 079 330 5870 of besoek haar by Van der Bijlstraat 155, Thabazimbi.  Ouers word streng slegs op ‘n afspraak gesien.