Rhino Stoeier staan sy man

Afrigter Tinus Smit (links) en Armandt Venter van Rhino Stoeiklub.

BENONI – Armandt Venter van Rhino Stoeiklub het Saterdag, 25 Februarie, te Benoni aan die Oos Gauteng Ope deelgeneem.

Na sy vele tawwe stoei-wedstryde waarin hy teen ervare stoeiers meegeding het, het hy sy afrigter, Tinus Smit, trots gemaak met sy vierdeplek plasing.