Oorleef Kanker

Moks Pelser laat waai met die hare.

Moks Pelser se aerobiese klas het hulle uitgedos vir skrikkeljaardag en haar kom ondersteun toe sy as afskop van Cansa se Shavethon, Woensdag by Kumba se hoofkantoor op Thabazimbi, al haar hare laat afskeer het.

Dit is nou 5 jaar sedert sy met borskanker gediagnoseer is, en nou vyf jaar later is sy skoon van kanker. Adele da Silva van Cansa Thabazimbi het die eer gehad om Moks se hare af te skeer. Die bos hare gaan deur Cansa verwerk word in ‘n pruik wat aan ‘n kankerlyer wat hulle hare as gevolg van die kankerbehandeling verloor het, geskenk sal word.

Moks het met hierdie gebaar haar kaal kop aan al die kankerpasiënte in Thabazimbi opgedra.