Toerspanne oppad na Suidkus

THABAZIMBI – Laerskool Thabazimbi se eerste rugby- en netbaltoerspan verlaat Thabazimbi vanaf 25 – 30 Maart om te Sportweni Sport Akademie in die Suidkus te gaan toer.

‘n Fondsinsamelingsprojek vir die toerspanne is van stapel gestuur sodat dit vir elkeen moontlik sal wees om op toer te gaan. Die insameling behels die verkoop van bottels wyn waarop ‘n foto van die rugby- of netbalspan pruik. Die gesogte wyn word teen R100 per bottel aan vriende en familie verkwansel en sal dan die spelers instaat stel om die toer te kan meemaak. Ondersteun gerus die spelers met hierdie projek.