Strewe vier Valen-tuin

Hein van der Merwe het die dames van VLU Strewe toegespreek oor mikro-organismes.

MAKOPPA – Die VLU Strewe-tak het Valentynsdag in Ilna Schutte se bekoorlike tuin gevier. Hein van der Merwe, ‘n mikrobioloog van Soil Health Consult, was die gasspreker wat die dames meer ingelig het oor mikro-organismes in tuine en hoe tuine deur middel van organiese metodes bewaar kan word.

Die volgende vergadering is op 14 Maart te Badger Bush Lodge waar die dames ‘n piouter-werksessie gaan bywoon. Almal is welkom, skakel gerus vir Ilna by 0827748803.