Rare verskynsel by Hengelkompetisie

SWARTKLIP – Northam Hengelklub se maandelikse kompetisie is in Januarie by
die konsentrator aangebied.
Theunis Botha het vir die dag niks minder as 23 barbers gevang, waaronder ‘n knewel van ‘n witbarber. Die barber is nie ‘n albino nie, aangesien sy ogies dieselfde kleur is as dié van ‘n gewone barber. ‘n Albino se ogies is gewoonlik rooi.