L/S Vanwykskraal atlete presteer

Laerskool Vanwykskraal se atlete het goed presteer by die Streekbyeenkoms te Lephalale, voor vlnr: Tiffany Robbertse, Wilmien Schutte en Renier Els. Agter: Christelle Brink.

SETTLERS – Vier atlete van Laerskool Vanwykskraal te Makoppa het tydens die Distrik byeenkoms op 13 Februarie plekke behaal waarna hulle goed presteer het op die Streekbyeenkoms te Lephalale.

Christelle Brink verower ‘n tweedeplek in Gewigstoot Dogters O/12, Tiffany Robbertse verower ‘n derdeplek in Hoogspring Dogters O/13, Wilmien Schutte en Renier Els behaal albei vierdeplekke in hul onderskeie items in die O/11 afdeling.