Kumba – Marakele Maraton

MARAKELE – Die jaarlikse Kumba – Marakele Maraton  en half maraton vind plaas Saterdag 3 Maart en hierdie is besig op ‘n ‘prestige’ geleentheid  te word op die Maraton Kalender in Limpopo.

Daar word oor vier afstande meegeding nl 42.2- en 21.2km asook 10- en 5km. Die atlete wat die 42.2km voltooi binne 5 ure kwalifiseer om deel te neem aan die Comrades Maraton wat later vanjaar plaasvind.

Die wedloop vir die 42.2- en 21.2km maraton begin om 6 uur die oggend en daar is geleentheid om nog by die hoofingang van  Marakele Nasionale Park in te skryf van 4 uur af.

Die wegspring is van die hoofingang, maar die 10- en 5km spring eers 06:30 weg. Daar is waterpunte beskikbaar elke 3 km waar water, Powerade en Coke beskikbaar sal wees vir die atlete.

Vir meer inligting kontak Ampie Venter by 0832585924.

Hierdie behoort ‘n heerlike natuur maraton te wees, waar u moontlik Leeus kan sien en nog vele ander wild, aangesien u in die Marakele Nasionale Park gaan in draf. Akkommodasie is beskikbaar van R100 per persoon in die karavaan park tot ‘n R1000 vir twee, in die luukse tent akkommodasie.

Vir nog verdere navrae kontak Elize Coetzer 082 936 4425 of e-pos haar by elise.coetzer@gmail.com.

Hul bedank dan ook nou al hul borge nl. Kumba, Marakele, Oasis Water, FNB, Standard Bank, ABSA, Lavanti Makelaars, Pick n Pay, Bearing International en die Kwêvoël.