Helikopterlisensies deur Indigo Helicopters

Niel Kriel, wat sy helikopter vlieglisensie by Indigo Helicopters gekry het, is Ellisras se plaaslike veearts. Hy het ook sy eie R44 vier-sitplek helikopter gekoop en doen nou sy aanpassing daarop. Regs saam met hom op die foto is Gerhard Kleynhans wat eienaar en instrukteur by Indigi Helicopters is.

STEENBOKPAN – Indigo Helicopters wat op Steenbokpan gestasioneer is, is heel bedrywig om plaaslike inwoners as helikoptervlieëniers op te lei.

Die jongste toevoeging tot hul geledere van vlieëniers wat hulle privaat helikopter vlieënierslisensies gekry het is Sandi en Stephani Bothma, dogters van Faan en Monica Bothma van die Beska omgewing. Niel Kriel, plaaslike veearts van Ellisras, het ook sy helikopter vliegeksamen onlangs daar geslaag.

Niel het nou sy eie Robinson R44, ‘n viersitplek helicopter aangeskaf en is besig met sy aanpassing op hierdie helikopter.

Indigo Helicopters is ‘n helikopter vlieg opleiding skool met hul eie “online exam centre” wat direk met burgerlugvaart gekoppel is. Studente hoef dus nie stad toe te ry vir die eksamens nie.  Indigo Helicopters Private Game Lodge akkommodeer ook studente wat van hul opleiding voltyds daar wil kom doen of selfs net wil kom ure bou tot en met kommersiële vlieglisensie.

Gerhard Kleynhans is die eienaar van Indigo Helicopters. Hy is ‘n gespesialiseerde wildvanger, met 10 verskillende helikopter lisensies agter sy naam, en is ook die vlieginstrukteur by Indigo Helikopters.