Bordjies bederf vir bejaardes

Oom Hannes Van Wyk, Lizaan Malan, Tannie Hannetjie Minnaar, Nico Tromp, Kevin Hall, Tannie Sophia Le Grange en Rudolp Human.

THABAZIMBI – HFM se Gr 11 leerlinge het op Woensdag 15 Februarie kolwyntjies aan Bosveld oord se bejaardes uitgedeel.

Dit dien as deel van hul gemeenskapsprojek vir 2012. “Omdat ons lief is vir ons bejaardes, en hulle vir ons baie beteken, het ons besluit om hulle ook bietjie te bederf.” Het hulle gesê.

Dit is belangrik dat die senior burgers gereeld besoek word sodat hulle weet hoe geliefd hulle is en dat hulle altyd ‘n spesiale plekkie in die gemeenskap sal vul. Foto’s: Annabelle Tromp.