Vergaderings vir Gemeenskapspolisiëringsforum

THABAZIMBI – Vergaderings in verskeie dele in die Thabazimbi-omgewing word vir Maart beplan om vier verskillende subsektor Gemeenskapspolisiëringsforums op die been te bring.

Hierdie gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) word deur die SAPD geïnisieer om die plase, plotte en plaasgemeenskap van Thabazimbi nog beter te beveilig.

Die groot doelwit van die GPF is om ‘n aktiewe vennootskap tussen Polisie en die gemeenskap te stig waardeur misdaad, diensverskaffing en polisie-gemeenskapsverhoudinge saam geanaliseer kan word en vanpaste oplossings gevind en geïmplementeer kan word.

Daar is vier subsektore geïdentifiseer, naamlik: Makoppa, Koedoeskop, Kransberge en Thabazimbi Plotte.

Die forum van elke subsektor, sal bestaan uit ‘n koördineerder en lede wat dan terugvoering vanaf sy subsektor na die Polisie sal deurgee. Wanneer daar byvoorbeeld ‘n plaasaanval plaasvind, sal die patrolliegroep dus uitgeroep word om die Polisie van hulp te wees in die soektog na die misdadigers. Opleiding in terme van toneel-beveiliging sal ook aan die patrolliegroepe gebied word.

Die gebiede binne die subsektore is as volg: Makoppa – alle plase wes van Northam/Rustenburgpad vanaf Chromite-kruising tot by Dwaalboom-kruising, Dwaalboomteerpad, alle paaie weerskante van Dwaalboomteerpad tot by tweede Makoppa-grondpad, alle plase weerskante van Rooibokkraal/Dwaalboom-kruising tot by Boschjeshoek, alle plase weerskante die Makoppa-grondpad vanaf Rhino Myn tot by Vanwykskraal.

Koedoeskop/Klipgat – Al die plase oos van Northampad, Koedoeskopkruising en plase oos en wes van Britspad, Klipgatpad en alle plase tot by Rooiwal. Kransberg en Ellisraspad – alle plase wes van Ellisraspad tot Karoobult en weerskante van Marakelepad tot Kransberge se grondpad waar Marakele NP eindig, alle plase op Almagrondpad tot voor brug. Plotte – Kwaggasvlakte, Doornhoek, Marakele en Spitskop.

Die vergaderingdatums vir die misdaadforums in die verskillende subsektore is soos volg: Makoppa – 6 Maart om 10:00 te Sweet Home Mountain Lodge; Koedoeskop/Klipgat – 7 Maart om 10:00 te Koedoeskop Rec Klub; Kransberge/Ellisraspad – 8 Maart om 10:00 te Zimthabi-saal en Plotte – 9 Maart om 10:00 te Jagtersverenigingsaal by Koos Cronje Skietbaan.

Hierdie forums is nie ‘n boerevereniging nie, alhoewel boereverenigingslede welkom is. Die forums word gestig met die oog om alle plaas- en plot eienaars en plaas- en plotbewoners betrokke te kry by die “Beveg Misdaad”-veldtog.

Vir enige verdere navrae, kontak Adjudant Offisier Jaco Have