Thabazimbi stoeiers skop jaar af op ‘n hoogte punt

Duncan Loubser, O/13 (rooi) het hard probeer om hier die oorhand oor sy stoei opponent te kry.

ELLISRAS – Stoeiers van Thabazimbi stoeigroep het verlede naweek (11 Februarie 2012) aan ‘n Beginners- en Interklub toernooi deelgeneem wat op Ellisras plaasgevind het.

Die toernooi is aangebied deur Mogolklub waarvan Thabazimbi stoeigroep deel is. Daar is begin met die implementering van die nuwe Long Term Athlete Development (LTAD). Dit is vir al die deelnemers vanaf O/7 tot O/11.

Elke ouderdomsgroep neem deel en stoei teen mekaar en wys hulle tegnieke en vaardighede, waar elkeen met ‘n sertifikaat beloon is.

Deelnemers is al volg:

Stefan Geldenhuys O/10, O/11 is Louis Trichardt, Juandre Barnard, Wynand de Kock en Jovan Barkenhuizen. Die Stoeiers vanaf O/13 tot en met Seniors wat as beginners gestoei het, het as volg presteer. Duncan Loubser (46-50Kg) het Goud verwerf O/13, Anton Barnard (42-46Kg) Goud, O/13.

Met interklub is spanne in elke gewig ingeskryf en wen Mogol die interklub en elke deelnemer in die span kry goud, Gerhard Snyman was deel van die wenspan. Twee van Thabazimbi stoeigroep se stoeiers het met Interklub deelgeneem vir die ander klubs in die Provinsie en behaal  Ruan Geldenhuys  Silwer en Duncan Loubser  Brons. Kontak Jaco by 083 979 4474 vir meer oor die stoeiklub.