Shoprite Skoolfonds-wenner vir 2012

Monica Klopper

Tweehonderd hoopvolle Thabazimbi leerlinge het hierdie jaar deelgeneem aan die “Class 2012” terug-skooltoe kompetisie wat jaarliks deur Shoprite aangebied word. Deelnemers moet ‘n tekening of opstel indien met die tema “wat ek eendag wil word”. Monica Klopper, ‘n Gr 7 leerling, het as wenner uit die stryd getree. Sy wil graag die Wêreld “groen” maak en haar droom loopbaan is Grafiese ontwerp. Die wenprys is ‘n bedrag wat vir haar jaarlikse skoolfonds aangewend word. Saam met haar op die foto is haar ma, Adelé, en Lizelle Johnson, bestuurder van Shoprite Thabazimbi.