Russe besoek Thabazimbi

THABAZIMBI – Gedurende die naweek van 3-4 Maart  ontvang die AGS Kerk Thabazimbi besoek van twee christen egpare uit die Ukraine/Rusland.

Pastoor Vladimir Khabarov is gebore in Rusland en is tans saam met sy gesin in Ternopil, Ukraine waar hulle ‘n evangeliese Gemeente bedien. Vladimir het ‘n wonderlike getuienis wat baie mense se lewens reeds radikaal verander het. Hul lewe as christene onder die destydse Kommunistiese vervolging, die swaarkry en vervolging en hoe hulle as christene nogsteeds vasgestaan het.

Roma, ook afkomstig uit die Ukraine, sal vir Vladimir bystaan as tolk. Roma se eie getuienis vertel van sy eie pyn maar ook nou die vreugdes. Dit sal voorwaar ‘n unieke en spesiale geleentheid wees wat nie misgeloop moet word nie.

Die AGS Gemeente nooi alle belangstellendes, gelowiges en spesifiek persone betrokke by sendingwerk na hierdie geleentheid by die kerk op Sondagaand, 4 Maart om 18:00. “Ons is oortuig dat hierdie geleentheid jou hele lewe gaan verander. Ons is oortuig dat ‘n geleentheid soos hierdie net dit is wat ons as gelowiges nodig het om opnuut weer betrokke te raak by die groot opdrag van Jesus Christus self om die hele wêreld te evangeliseer.” Sê Pastoor Enslin.

Dit bied jou ook die unieke en wonderlike geleentheid om betrokke te raak by die Sending Aksie deur die groep te ondersteun, bydraes te maak, en ook om in te skakel met toekomstige uitreik geleenthede.

Vir enige navrae skakel gerus die kerkkantoor by 0147721765 of vir Stephen Enslin by 0834106482.