HFM kringbyeenkoms

Dewald Havenga (HFM) wend ‘n goeie poging aan in sy Hoogspring-item.

THABAZIMBI – HFM het op Woensdag 8 Februarie as gasheer van die Kring atletiekbyeenkoms opgetree.

Die deelnemende skole was HFM, Mabogopedi High, Sekgweng, Naltesana, Groenvlei, Neos Christian School en Bosveld Akademie.

Die organisasie was soos gewoonlik puik, met ‘n vloeiende program en kompeterende atlete.