HFM groentjies amper nie meer groen

Die “Spanners” met die sing van die amptelike Spannerlied.

THABAZIMBI – Die HFM Groentjiekonsert, oftewel Spanner-konsert is op Dinsdag 14 Februarie aangebied. Die tema was “Die ‘Toolbox’ van Sprokies in HFM”. Die program het bestaan uit die volgende items: Die storie begin hier (Gr 8C), Take it to the disco (Gr 8A), In die klaskamer (Gr 8B), Somebody to love (Gr 8E), Ubla gwafkanf orkes (Gr 8A), Crazy little thing called love (Gr 8G), Op die sportveld (Gr 8D), Koshuis brakke is kwaliteit (Gr 8F), SR-Skouspel en die Spannerlied.

Die oriëntering van die “groentjies” eindig vandag, Vrydag 17 Februarie. Die Gr 8’s is dus nou volwaardige Frikkies.