Gr R’e besoek Bosveld-Oord

Bosveld Akademie se Gr R-leerders het op Valentynsdag vele glimlagte na Bosveld-oord gebring.

THABAZIMBI – Die Graad R-leerders van Bosveld Akademie Privaatskool het Dinsdag, 14 Februarie, die inwoners van Bosveld-Oord gaan besoek.

Die skool het tesame met Valentynsdag  ook ” Glimlagdag ” gevier, en het dus die inwoners bederf met ballonne, selfgemaakte skoenlappers asook bederfsakkies met koekies en lekkers.  Die liedjies en rympies wat voorgedra is, het voorwaar ‘n glimlag op elke senior burger se gesiggie ontlok en almal, insluitende die leerders, het die uitstappie terdeë geniet.