Skouspel Wenner

Maureen Schutte, alombekend as die tannie van die poskantoor, het Kwêvoël se Skouspel leserskompetisie gewen. Die prys is ‘n Skouspel 2011 DVD en Dubbel CD. Saam met haar op die foto is Pieter Coetzee, redakteur van Kwêvoël, wat sommer persoonlik die prys na haar geneem het. Hou Kwêvoël dop vir die volgende kompetisie.