Koedoeskop Kringbyeenkoms

Laerskool Thabazimbi se atlete wat almal rekords laat spat het tydens die Atletiek Kringbyeekoms agter vlnr: Anebel Buys 75m Hekkies D O/13 en Ananda Lategan Gewigstoot D O/13. Voor: Victor Potgieter Gewigstoot S O/12.

KOEDOESKOP – Die Laerskole se Atletiek Kringbyeenkoms het op Vrydag 3 Februarie te Laerskool Koedoeskop plaasgevind.

Laerskool Thabazimbi het 43 eersteplekke, 30 tweedeplekke en 21 derdeplekke vir die dag opgelewer.

Hul volgende byeenkoms is die Area byeenkoms wat plaasvind op Maandag 13 Februarie te Lord Milner (Settlers).