HFM atletiek te Polokwane

POLOKWANE – HFM het op Vrydag 3 Februarie ‘n vriendskaplike byeenkoms te Polokwane by die Peter Makoba Stadion, bygewoon. Die ses deelnemende skole was HFM, PHS, Ben Vorster, Ellisras, Naboomspruit en Stanford High.

Frikkie Meyer het 128 atlete gehad wat deelgeneem het, hulle het 23 eersteplekke, 32 tweedeplekke en 22 derdeplekke behaal en vaar beter as Ellisras en Hans Strydom tydens die byeenkoms.

Die rekords wat gespat het was Leandri Botha D O/19 met Diskus en Hoogspring items en ZW van Deventer S O/15 in die Diskus item.

Volgens die organiseerders het feitlik almal vir die deelname opgedaag en die kleredrag was netjies. Die skool bedank hulle vir hul goeie gees en samewerking. “Julle maak ons skool trots.” Die spanbestuurders en afrigters, Mnr R Visser, Me R Erasmus, Me  H Erasmus, Mnr T Le Roux en Mnr G Booyens word vir hul gesindheid en betrokkenheid bedank asook Mnr Campbell en Mnr P Erasmus vir die ondersteuning. Mnr P Erasmus word ook bedank vir die onderskraging aan Clifford van Zyl, ‘n O/17 atleet wat hospitaal toe moes gaan nadat hy die 800m voltooi het.